Dis Vrydag. Ons het nie huiswerk nie, so ons kan net die hele middag speel, speel, speel!
Ek en my maatjie Carla het mamma se hoëhak-skoene aangetrek omdat ons fashion gespeel het. Ons het 'n wonderlike speeltyd gehad.
Ons het tog te lekker kolwyntjies gebak en dit daarna geëet. Ons het nie 'n resep gebruik nie en dit het tog so goed uitgekom. Ons het warm sjokolade, Milo en kakao ingegooi. Ons het versiersel opgesit met vlapoeier, sjokoladesmeer en vanielje essens in.
Ek is Anna Sophia. Ek woon in die Boland. Ek hou van sokker, netbal, gimnastiek en koek bak. My blog gaan oor wat ek alles geleer het en wat ek alles gedoen het.
Showing posts with label Kos. Show all posts
Showing posts with label Kos. Show all posts
Friday, May 24, 2013
Wednesday, May 22, 2013
Die wonderlike ete
Hoe kan dit wees? 'n Meisie wat twee boeke tegelyk lees! Dit is hoe ek vanmiddag geëet het.
Ek kon nie kies watter boek om te lees nie. Toe lees ek maar "Die waarheid moet uit", want ek het hom al by die skool begin lees. Daarna het ek "Kardoes" gelees.
Subscribe to:
Posts (Atom)