Dis Vrydag. Ons het nie huiswerk nie, so ons kan net die hele middag speel, speel, speel!
Ek en my maatjie Carla het mamma se hoëhak-skoene aangetrek omdat ons fashion gespeel het. Ons het 'n wonderlike speeltyd gehad.
Ons het tog te lekker kolwyntjies gebak en dit daarna geëet. Ons het nie 'n resep gebruik nie en dit het tog so goed uitgekom. Ons het warm sjokolade, Milo en kakao ingegooi. Ons het versiersel opgesit met vlapoeier, sjokoladesmeer en vanielje essens in.
No comments:
Post a Comment