Friday, May 24, 2013

My beste dag

Dis Vrydag. Ons het nie huiswerk nie, so ons kan net die hele middag speel, speel, speel!


Anna and Carla playing dress-up with mom's high heels.
Ek en my maatjie Carla het mamma se hoëhak-skoene aangetrek omdat ons fashion gespeel het. Ons het 'n wonderlike speeltyd gehad.


Anna and Carla made chocolate cupcakes with their improvised recipe.
Ons het tog te lekker kolwyntjies gebak en dit daarna geëet. Ons het nie 'n resep gebruik nie en dit het tog so goed uitgekom. Ons het warm sjokolade, Milo en kakao ingegooi. Ons het versiersel opgesit met vlapoeier, sjokoladesmeer en vanielje essens in.





Wednesday, May 22, 2013

Die wonderlike ete

Anna Sophia eating lunch at the kitchen table in her school uniform while reading a book with another at the ready.

Hoe kan dit wees? 'n Meisie wat twee boeke tegelyk lees! Dit is hoe ek vanmiddag geëet het.

Ek kon nie kies watter boek om te lees nie. Toe lees ek maar "Die waarheid moet uit", want ek het hom al by die skool begin lees. Daarna het ek "Kardoes" gelees.



Monday, May 20, 2013

Die springende meisie

A crayon drawing of Anna Sophia, the jumping girl.
'n Tekening van my. Mamma het my buitelyne afgeteken met bordkryt, sy het dit buite gedoen. al het ek op die sement gelê, lyk dit asof ek in die lug spring.